Bookworms LuisterAfrikaanse stories · 2 tot 9 jaar
Hoor die storie. Sien elke woord.
Stories wat jou kind hoor én saamlees. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Geen kaart nodig nie · Daarna R50 per maand


1 / 12
Die stem kom binnekort
220 stories. 10 nuwes elke week.
Van Bybelstories en sprokies tot dinosourusse, die ruimte en Jakkals en Wolf.
Luister
Rustige stories, voorgelees in Afrikaans. Met ’n slaaptydmodus wat die skerm donker hou en self afskakel.
Lees saam
Elke woord lig op soos dit voorgelees word, sodat jou kind die woorde leer ken terwyl hy luister.
Vir elke ouderdom
Kort stories vir kleuters van 2 tot 4, langer avonture vir kinders tot 9. Jy kies per kind.
Begin gratis
Drie stories om te luister en saam te lees, sonder ’n kaart.
R50
per maand
R499
per jaar, omtrent 2 maande gratis
Al die stories, nuwes elke week. Kanselleer enige tyd.
Vrae van ouers
Wat kos dit?
Drie stories is gratis, sonder ’n kaart. Daarna is dit R50 per maand of R499 per jaar vir al die stories. Jy kan enige tyd kanselleer.
Watter toestel het ons nodig?
Enige foon, tablet of rekenaar met ’n webblaaier. Jy kan dit op jou tuisskerm sit en stories aflaai om sonder data te luister.
Is dit veilig vir my kind?
Die rekening behoort aan die ouer. Daar is geen advertensies nie, en ons stoor net jou kind se naam of bynaam en ouderdomsgroep.









